Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Najaarsdroom " deur KOOS DU PLESSIS
" Najaarsdroom " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61826] Vr, 10 Mei 2002 01:27 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Najaarsdroom
Koos du Plessis

Nog 'n nájaar in die vreemde,
met my drome sonder tal.
En ek weet die winter kom weer,
met sy sneeu wat ewig val.
Ek ken die Reinland-nagte,
die Alpe met sy sneeu,
die Swartwoud se geheime
en die liedjie van 'n meeu.

Maar hier buite sterf die somer
en ek sien die blare val;
en iewers skyn die somerson
op die velde van Transvaal;
en êrens dreun die branders
aan die strande van Natal.

Ek sit soms en ek luister
of ek dalk in die wind
die Vrystaat en die Boland
se stemme t'rug kan vind.
Ek ken die Spaanse nagte,
die Alpe met sy sneeu,
ou Amsterdam se gragte
en die liedjie van 'n meeu.

Maar hier buite sterf die somer
en ek sien die blare val;
en iewers skyn die somerson
op die velde van Transvaal;
en êrens dreun die branders
aan die strande van Natal.
Re: " Najaarsdroom " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61836 is 'n antwoord op boodskap #61826] Vr, 10 Mei 2002 06:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,
Net toe ek begin vrede maak met die klompie titels wat ek wel het, kom jy
hier met nog uit. Baie dankie vir jou moeite.

Miskien moet jy sommer die dame help met 'n paar Afrikaans-lesse daar in
Kanada...

Koot

skryf in boodskap news:3CDB21FF.2020803@rogers.com...
> Najaarsdroom
> Koos du Plessis
>
> Nog 'n nájaar in die vreemde,
> met my drome sonder tal.
> En ek weet die winter kom weer,
> met sy sneeu wat ewig val.
> Ek ken die Reinland-nagte,
> die Alpe met sy sneeu,
> die Swartwoud se geheime
> en die liedjie van 'n meeu.
>
> Maar hier buite sterf die somer
> en ek sien die blare val;
> en iewers skyn die somerson
> op die velde van Transvaal;
> en êrens dreun die branders
> aan die strande van Natal.
>
> Ek sit soms en ek luister
> of ek dalk in die wind
> die Vrystaat en die Boland
> se stemme t'rug kan vind.
> Ek ken die Spaanse nagte,
> die Alpe met sy sneeu,
> ou Amsterdam se gragte
> en die liedjie van 'n meeu.
>
> Maar hier buite sterf die somer
> en ek sien die blare val;
> en iewers skyn die somerson
> op die velde van Transvaal;
> en êrens dreun die branders
> aan die strande van Natal.
>
Re: " Najaarsdroom " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61839 is 'n antwoord op boodskap #61826] Vr, 10 Mei 2002 06:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Terloops, hoe beleef jy hiérdie lied?
Koot

skryf in boodskap news:3CDB21FF.2020803@rogers.com...
> Najaarsdroom
> Koos du Plessis
>
> Nog 'n nájaar in die vreemde,
> met my drome sonder tal.
> En ek weet die winter kom weer,
> met sy sneeu wat ewig val.
> Ek ken die Reinland-nagte,
> die Alpe met sy sneeu,
> die Swartwoud se geheime
> en die liedjie van 'n meeu.
>
> Maar hier buite sterf die somer
> en ek sien die blare val;
> en iewers skyn die somerson
> op die velde van Transvaal;
> en êrens dreun die branders
> aan die strande van Natal.
>
> Ek sit soms en ek luister
> of ek dalk in die wind
> die Vrystaat en die Boland
> se stemme t'rug kan vind.
> Ek ken die Spaanse nagte,
> die Alpe met sy sneeu,
> ou Amsterdam se gragte
> en die liedjie van 'n meeu.
>
> Maar hier buite sterf die somer
> en ek sien die blare val;
> en iewers skyn die somerson
> op die velde van Transvaal;
> en êrens dreun die branders
> aan die strande van Natal.
>
Re: " Najaarsdroom " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61852 is 'n antwoord op boodskap #61839] Vr, 10 Mei 2002 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot Pieterse wrote:

> Terloops, hoe beleef jy hiérdie lied?

>> Najaarsdroom
>> Koos du Plessis

Wel, soos seker vir meeste Afrikaners
en Afrikaans-sprekendes in die buiteland,
is dit 'n heimweë-na-SA-opwekker.
Terloops, ek sien in die teks dat hulle
dit "Reinland" spel, en nie Rynland, soos
ek sou nie. Ek weet nie of dit 'n spelfout
is nie. Miskien is dit 'n speling op die
betekeniss van "rein" (pure.)

Gloudina
Re: " Najaarsdroom " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61853 is 'n antwoord op boodskap #61836] Vr, 10 Mei 2002 11:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot Pieterse wrote:

> Gloudina,
> Net toe ek begin vrede maak met die klompie titels wat ek wel het, kom jy
> hier met nog uit. Baie dankie vir jou moeite.
>
> Miskien moet jy sommer die dame help met 'n paar Afrikaans-lesse daar in
> Kanada...

Wel, ek gaan stadig maar seker deur jou lysie
en sal heelwaarskynlik almal kan stuur. Hou net
moed.

Gloudina
Re: " Najaarsdroom " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61858 is 'n antwoord op boodskap #61839] Vr, 10 Mei 2002 12:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot Pieterse wrote:

> Terloops, hoe beleef jy hiérdie lied?

Ek het altyd 'n suspisie dat mense
in Suid-Afrika hierdie lied gebruik
om te sit en lekkerkry dat die mense
daar " in die vreemde" sit en krepeer
omdat dit nou winter in die noordelike
halfrond word, en omdat die noordelike
halfrond se winter nou uit die bose is,
kort en klaar.
Daar mag sulke mense wees. Maar ek is
nie een van hulle nie. Ek het die winter
aktief lief, veral die laatwinter. As
die Ottawa-rivier hier langs ons begin te
ontvries en daar nog net ys in die baaitjies
van die rivier oorbly, dan gaan loop ek daar
en luister na die kraak van die ys en hoe die
ys in die water skommel. En hier so teen Maart
as die son al begin sterker brand, maar mens
nog velde sien van wit sneeu wat die vorige
dag geval het, dan word ek by voorbaat hartseer
vir die winter wat aan die verdwyn is, vir die
sneeuvelde wat in 'n paar weke nie meer daar sal
wees nie.
Terloops, dit is nou voluit lente by ons. Die
bloeisels is aan die uitkom en die tulpe is in
volle blom. Dis nou ons Tulpefees,en hierdie jaar
is Prinses Magriet hier om dit formeel te open.

Gloudina
Re: " Najaarsdroom " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61875 is 'n antwoord op boodskap #61858] Vr, 10 Mei 2002 16:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

@rogers.com wrote:

> Dis nou ons Tulpefees,en hierdie jaar
> is Prinses Magriet hier om dit formeel te open.

Soos ek vantevore vertel het, is Magriet
hier in Ottawa gebore. Hulle het tydelik
'n deel van die Civic Hospital as
Nederlandse bodem verklaar, sodat daar nie
troonopvolgings-probleme geskep sou word
nie. Die Civic is regoor die Experimental
Farm, waar meeste van die tulpe is wat
deur die Nederlandse koningshuis aan
Ottawa geskenk is om dankie te sê.

Gloudina
Re: " Najaarsdroom " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61976 is 'n antwoord op boodskap #61858] So, 12 Mei 2002 16:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Dit lyk my asof jy besig is om in jou siel nou 'n Kanadees te word, wat
seker gesond is. Kan jy glo ek sit hier in Port Elizabeth met heimwee oor
die Hoëveld...

Koot

skryf in boodskap news:3CDBBA55.9080007@rogers.com...
>
> Koot Pieterse wrote:
>
>> Terloops, hoe beleef jy hiérdie lied?
>
>
> Ek het altyd 'n suspisie dat mense
> in Suid-Afrika hierdie lied gebruik
> om te sit en lekkerkry dat die mense
> daar " in die vreemde" sit en krepeer
> omdat dit nou winter in die noordelike
> halfrond word, en omdat die noordelike
> halfrond se winter nou uit die bose is,
> kort en klaar.
> Daar mag sulke mense wees. Maar ek is
> nie een van hulle nie. Ek het die winter
> aktief lief, veral die laatwinter. As
> die Ottawa-rivier hier langs ons begin te
> ontvries en daar nog net ys in die baaitjies
> van die rivier oorbly, dan gaan loop ek daar
> en luister na die kraak van die ys en hoe die
> ys in die water skommel. En hier so teen Maart
> as die son al begin sterker brand, maar mens
> nog velde sien van wit sneeu wat die vorige
> dag geval het, dan word ek by voorbaat hartseer
> vir die winter wat aan die verdwyn is, vir die
> sneeuvelde wat in 'n paar weke nie meer daar sal
> wees nie.
> Terloops, dit is nou voluit lente by ons. Die
> bloeisels is aan die uitkom en die tulpe is in
> volle blom. Dis nou ons Tulpefees,en hierdie jaar
> is Prinses Magriet hier om dit formeel te open.
>
> Gloudina
>
Re: " Najaarsdroom " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #61997 is 'n antwoord op boodskap #61976] Ma, 13 Mei 2002 01:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot Pieterse wrote:

> Dit lyk my asof jy besig is om in jou siel nou 'n Kanadees te word, wat
> seker gesond is. Kan jy glo ek sit hier in Port Elizabeth met heimwee oor
> die Hoëveld...

Nou daar het jy dit nou. Jy kan nie die
heimweë ontsnap nie, en jy sit daar in
SA.
Weet jy waarvoor ek dit grootste heimweë
het - vir plekke in SA wat ek nog nie gesien het
nie, amper uitsluitlik in die ou Kaapprovinsie.
Dis asof ek iets verloor het deur dit nooit te
gesien het nie. Ek was nog nooit in die Hantam
gewees nie. Ek was nog nooit in die Koue
Bokkeveld nie. Ek was nog nooit in die Moorde-
naars Karoo nie. Ek was nog nooit by Wupperthal
nie. Ek was nog nie by Port Nolloth nie.
So gaan kyk dit vir my.

Gloudina
Anatomie van nostalgie [boodskap #62001 is 'n antwoord op boodskap #61997] Ma, 13 Mei 2002 06:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Was jy al 'n oggend wakkergeword in die diep bosveld? Onthou jy die soel
piesanggeur van 'n tropiese Suidkusmiddag?
Het jy al 'n nag in die Karoo buite gestaan en gehoor hoe die sterre suis?

Dalk is die "magic" wat 'n mens van 'n plek onthou verwant aan jou
persoonstipe. Baie plekke was mooi, maar net 'n paar se herinneringe het die
vermoë om my skielik in 'n roetine-personeelvergadering heeltemal uit wans
te gooi.

Koot

skryf in boodskap news:3CDF11E6.9050804@rogers.com...
>
> Koot Pieterse wrote:
>
>> Dit lyk my asof jy besig is om in jou siel nou 'n Kanadees te word, wat
>> seker gesond is. Kan jy glo ek sit hier in Port Elizabeth met heimwee oor
>> die Hoëveld...
>
> Nou daar het jy dit nou. Jy kan nie die
> heimweë ontsnap nie, en jy sit daar in
> SA.
> Weet jy waarvoor ek dit grootste heimweë
> het - vir plekke in SA wat ek nog nie gesien het
> nie, amper uitsluitlik in die ou Kaapprovinsie.
> Dis asof ek iets verloor het deur dit nooit te
> gesien het nie. Ek was nog nooit in die Hantam
> gewees nie. Ek was nog nooit in die Koue
> Bokkeveld nie. Ek was nog nooit in die Moorde-
> naars Karoo nie. Ek was nog nooit by Wupperthal
> nie. Ek was nog nie by Port Nolloth nie.
> So gaan kyk dit vir my.
>
> Gloudina
>
Re: Anatomie van nostalgie [boodskap #62005 is 'n antwoord op boodskap #62001] Ma, 13 Mei 2002 12:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Koot Pieterse wrote:

> Was jy al 'n oggend wakkergeword in die diep bosveld? Onthou jy die soel
> piesanggeur van 'n tropiese Suidkusmiddag?
> Het jy al 'n nag in die Karoo buite gestaan en gehoor hoe die sterre suis?
>
> Dalk is die "magic" wat 'n mens van 'n plek onthou verwant aan jou
> persoonstipe. Baie plekke was mooi, maar net 'n paar se herinneringe het die
> vermoë om my skielik in 'n roetine-personeelvergadering heeltemal uit wans
> te gooi.

So, nostalgie is nie presies heimweë nie.
My man sê altyd, as mense vir hom vra
of hy weer in SA sal gaan bly, dat hy
teveel na die sneeuvlokkies sal verlang.

Gloudina
Re: Anatomie van nostalgie [boodskap #62019 is 'n antwoord op boodskap #62001] Ma, 13 Mei 2002 17:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
My kop is gedurig by sulke plekke, net om my kalm te hou deur die dag - Die
rasende stilte van die Namib, die stowwerige amperstiltes can die laeveld,
die koel naby die sterre in die Drakensberg. die rasende torre op 'n soel
somersagtermiddag in die Karoo, die koue maar geliefde Weskustrande met hul
bamboesreuk.

Annette

"Koot Pieterse" skryf in boodskap news:abnlsl$adh$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Was jy al 'n oggend wakkergeword in die diep bosveld? Onthou jy die soel
> piesanggeur van 'n tropiese Suidkusmiddag?
> Het jy al 'n nag in die Karoo buite gestaan en gehoor hoe die sterre suis?
>
> Dalk is die "magic" wat 'n mens van 'n plek onthou verwant aan jou
> persoonstipe. Baie plekke was mooi, maar net 'n paar se herinneringe het die
> vermoë om my skielik in 'n roetine-personeelvergadering heeltemal uit wans
> te gooi.
>
> Koot
>
> skryf in boodskap news:3CDF11E6.9050804@rogers.com...
>>
>> Koot Pieterse wrote:
>>
>>> Dit lyk my asof jy besig is om in jou siel nou 'n Kanadees te word, wat
>>> seker gesond is. Kan jy glo ek sit hier in Port Elizabeth met heimwee oor
>>> die Hoëveld...
>>
>> Nou daar het jy dit nou. Jy kan nie die
>> heimweë ontsnap nie, en jy sit daar in
>> SA.
>> Weet jy waarvoor ek dit grootste heimweë
>> het - vir plekke in SA wat ek nog nie gesien het
>> nie, amper uitsluitlik in die ou Kaapprovinsie.
>> Dis asof ek iets verloor het deur dit nooit te
>> gesien het nie. Ek was nog nooit in die Hantam
>> gewees nie. Ek was nog nooit in die Koue
>> Bokkeveld nie. Ek was nog nooit in die Moorde-
>> naars Karoo nie. Ek was nog nooit by Wupperthal
>> nie. Ek was nog nie by Port Nolloth nie.
>> So gaan kyk dit vir my.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: " Najaarsdroom " deur KOOS DU PLESSIS [boodskap #62047 is 'n antwoord op boodskap #61997] Ma, 13 Mei 2002 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Quintin  is tans af-lyn  Quintin
Boodskappe: 137
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3CDF11E6.9050804@rogers.com...
> Ek was nog nooit by Wupperthal
> nie.
>
> Gloudina
>

Dis hoeka op Wupperthal waar ek 'n inwoner aanwysings gevra het na die
naaste polisie aanklagkantoor (op soek na 'n telefoon). Hy antwoord toe dat
Wupperthal nie 'n aanklagkantoor het nie. Toe ek hom vra wat hulle doen om
misdaad te bestry, antwoord hy: "Nee meneer, ons het nie misdaad op
Wupperthal nie!".

Hoop Wupperthal bly altyd so.

Q
Re: Anatomie van nostalgie [boodskap #62270 is 'n antwoord op boodskap #62005] Sa, 18 Mei 2002 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Daar het jy my - ek weet self nie hoe verskil heimwee (sonder die umlaut?)
van nostalgie nie. Heimwee is vir my die mooier woord. Jy voel sommer
hartseer as jy dit sê terwyl nostalgie klink soos 'n soort neusverstopping.

Koot

skryf in boodskap news:3CDFAE37.3080303@rogers.com...
> Koot Pieterse wrote:
>
>> Was jy al 'n oggend wakkergeword in die diep bosveld? Onthou jy die soel
>> piesanggeur van 'n tropiese Suidkusmiddag?
>> Het jy al 'n nag in die Karoo buite gestaan en gehoor hoe die sterre suis?
>>
>> Dalk is die "magic" wat 'n mens van 'n plek onthou verwant aan jou
>> persoonstipe. Baie plekke was mooi, maar net 'n paar se herinneringe het die
>> vermoë om my skielik in 'n roetine-personeelvergadering heeltemal uit wans
>> te gooi.
>
> So, nostalgie is nie presies heimweë nie.
> My man sê altyd, as mense vir hom vra
> of hy weer in SA sal gaan bly, dat hy
> teveel na die sneeuvlokkies sal verlang.
>
> Gloudina
>
Re: Anatomie van nostalgie [boodskap #62276 is 'n antwoord op boodskap #62270] Sa, 18 Mei 2002 15:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Koot, vir my is heimwee 'n knop-in-die-keel, nat-oog ervaring.
Nostalgie is iets waarvan Laurika sing en vir my gaan dit oor onthou-jy-nog.
Annette

"Koot Pieterse" skryf in boodskap news:ac5lj8$d6c$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Daar het jy my - ek weet self nie hoe verskil heimwee (sonder die umlaut?)
> van nostalgie nie. Heimwee is vir my die mooier woord. Jy voel sommer
> hartseer as jy dit sê terwyl nostalgie klink soos 'n soort neusverstopping.
>
> Koot
>
> skryf in boodskap news:3CDFAE37.3080303@rogers.com...
>> Koot Pieterse wrote:
>>
>>> Was jy al 'n oggend wakkergeword in die diep bosveld? Onthou jy die soel
>>> piesanggeur van 'n tropiese Suidkusmiddag?
>>> Het jy al 'n nag in die Karoo buite gestaan en gehoor hoe die sterre suis?
>>>
>>> Dalk is die "magic" wat 'n mens van 'n plek onthou verwant aan jou
>>> persoonstipe. Baie plekke was mooi, maar net 'n paar se herinneringe het die
>>> vermoë om my skielik in 'n roetine-personeelvergadering heeltemal uit wans
>>> te gooi.
>>
>> So, nostalgie is nie presies heimweë nie.
>> My man sê altyd, as mense vir hom vra
>> of hy weer in SA sal gaan bly, dat hy
>> teveel na die sneeuvlokkies sal verlang.
>>
>> Gloudina
>>
>
Re: Anatomie van nostalgie [boodskap #62417 is 'n antwoord op boodskap #62019] Ma, 20 Mei 2002 06:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koot Pieterse  is tans af-lyn  Koot Pieterse
Boodskappe: 490
Geregistreer: Januarie 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek weet nie wie't die ou versie "Repos ailleurs" (Die rus is elders) geskryf
nie, maar dis omtrent hoe dit gaan. Ek wil altyd op 'n ander plek wees en as
ek daar is, verlang ek terug. Hoe simpel kan 'n mens wees...

"Annette" skryf in boodskap news:abot5o$k3rqa$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> My kop is gedurig by sulke plekke, net om my kalm te hou deur die dag - Die
> rasende stilte van die Namib, die stowwerige amperstiltes can die laeveld,
> die koel naby die sterre in die Drakensberg. die rasende torre op 'n soel
> somersagtermiddag in die Karoo, die koue maar geliefde Weskustrande met hul
> bamboesreuk.
>
> Annette
>
>
> "Koot Pieterse" wrote in message
> news:abnlsl$adh$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>> Was jy al 'n oggend wakkergeword in die diep bosveld? Onthou jy die soel
>> piesanggeur van 'n tropiese Suidkusmiddag?
>> Het jy al 'n nag in die Karoo buite gestaan en gehoor hoe die sterre suis?
>>
>> Dalk is die "magic" wat 'n mens van 'n plek onthou verwant aan jou
>> persoonstipe. Baie plekke was mooi, maar net 'n paar se herinneringe het die
>> vermoë om my skielik in 'n roetine-personeelvergadering heeltemal uit wans
>> te gooi.
>>
>> Koot
>>
>> skryf in boodskap news:3CDF11E6.9050804@rogers.com...
>>>
>>> Koot Pieterse wrote:
>>>
>>>> Dit lyk my asof jy besig is om in jou siel nou 'n Kanadees te word, wat
>>>> seker gesond is. Kan jy glo ek sit hier in Port Elizabeth met heimwee oor
>>>> die Hoëveld...
>>>
>>> Nou daar het jy dit nou. Jy kan nie die
>>> heimweë ontsnap nie, en jy sit daar in
>>> SA.
>>> Weet jy waarvoor ek dit grootste heimweë
>>> het - vir plekke in SA wat ek nog nie gesien het
>>> nie, amper uitsluitlik in die ou Kaapprovinsie.
>>> Dis asof ek iets verloor het deur dit nooit te
>>> gesien het nie. Ek was nog nooit in die Hantam
>>> gewees nie. Ek was nog nooit in die Koue
>>> Bokkeveld nie. Ek was nog nooit in die Moorde-
>>> naars Karoo nie. Ek was nog nooit by Wupperthal
>>> nie. Ek was nog nie by Port Nolloth nie.
>>> So gaan kyk dit vir my.
>>>
>>> Gloudina
>>>
>>
>
Re: Anatomie van nostalgie [boodskap #62418 is 'n antwoord op boodskap #62417] Ma, 20 Mei 2002 06:27 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dis nie simpel nie Koot. Mens noem dit toerisme:)
Annette

.petech.ac.za> skryf in boodskap news:aca4ut$g8n$1@ctb-nnrp1.saix.net...
> Ek weet nie wie't die ou versie "Repos ailleurs" (Die rus is elders) geskryf
> nie, maar dis omtrent hoe dit gaan. Ek wil altyd op 'n ander plek wees en as
> ek daar is, verlang ek terug. Hoe simpel kan 'n mens wees...
>
>
> "Annette" wrote in message
> news:abot5o$k3rqa$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> My kop is gedurig by sulke plekke, net om my kalm te hou deur die dag - Die
>> rasende stilte van die Namib, die stowwerige amperstiltes can die laeveld,
>> die koel naby die sterre in die Drakensberg. die rasende torre op 'n soel
>> somersagtermiddag in die Karoo, die koue maar geliefde Weskustrande met hul
>> bamboesreuk.
>>
>> Annette
>>
>>
>> "Koot Pieterse" wrote in message
>> news:abnlsl$adh$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>>> Was jy al 'n oggend wakkergeword in die diep bosveld? Onthou jy die soel
>>> piesanggeur van 'n tropiese Suidkusmiddag?
>>> Het jy al 'n nag in die Karoo buite gestaan en gehoor hoe die sterre suis?
>>>
>>> Dalk is die "magic" wat 'n mens van 'n plek onthou verwant aan jou
>>> persoonstipe. Baie plekke was mooi, maar net 'n paar se herinneringe het die
>>> vermoë om my skielik in 'n roetine-personeelvergadering heeltemal uit wans
>>> te gooi.
>>>
>>> Koot
>>>
>>> skryf in boodskap news:3CDF11E6.9050804@rogers.com...
>>>>
>>>> Koot Pieterse wrote:
>>>>
>>>> > Dit lyk my asof jy besig is om in jou siel nou 'n Kanadees te word, wat
>>>> > seker gesond is. Kan jy glo ek sit hier in Port Elizabeth met heimwee oor
>>>> > die Hoëveld...
>>>>
>>>> Nou daar het jy dit nou. Jy kan nie die
>>>> heimweë ontsnap nie, en jy sit daar in
>>>> SA.
>>>> Weet jy waarvoor ek dit grootste heimweë
>>>> het - vir plekke in SA wat ek nog nie gesien het
>>>> nie, amper uitsluitlik in die ou Kaapprovinsie.
>>>> Dis asof ek iets verloor het deur dit nooit te
>>>> gesien het nie. Ek was nog nooit in die Hantam
>>>> gewees nie. Ek was nog nooit in die Koue
>>>> Bokkeveld nie. Ek was nog nooit in die Moorde-
>>>> naars Karoo nie. Ek was nog nooit by Wupperthal
>>>> nie. Ek was nog nie by Port Nolloth nie.
>>>> So gaan kyk dit vir my.
>>>>
>>>> Gloudina
>>>>
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: Uit " Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: " Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 23:28:43 MGT 2024